top of page

- Since you remember-

Joey's Joy

JAM / SAUCES / PRESERVES

Waar dit begin het

Joey's Joy

Pieter Walters, die laatlam-seun van Joey Walters na wie die tuisgemaakte konfyte, souse en ingelegde produkte vernoem is, het Joey's Joy produkte begin na sy ma se afsterwe op 1 Oktober 2018. Joey was 'n voorslag in die kombuis op haar dae en het veral ook goed gebak.

 

Om met haar dood te kon "cope" het Pieter twee weke na haar skielike dood begin om van die moeilikste aan te pak naamlik, groenvye. "Die eerste batch was 'n flop en het ek als verkeerdom gedoen." Met die begin van die de poging het die kussing van die kombuisstoel afgevlieg. Wit geskrik het ek besef, Moekie watch vir my en ek moet my sokkies optrek, my kop agtemekaar kry en reg kook.

 

Net 'n jaar vantevore het my ma die hele resep met my gedeel en het ons groenvye gekook en oor en oor uitgetoets, tot sy op daardie stadium op 83 jaar oud gesê het: "Eks nou gatvol gekook, hou nou op, jy sal nooit als verkoop kry nie." Elf maande later was alles uitverkoop en het sy verstom gestaan. So is haar ou resepteboek, asook ander ou boeke nader gesleep en die een na die ander konfyte het ontstaan.

 

Pieter het self sy hand gewaag met nuwe resepte, floppe gehad, weggegooi en weer begin. Resepte word aangepas met 'n kinkel hier en daar om dit interessant te maak. Soms bring klante vrugte om konfyt mee te maak, dan deel ons 'n gedeelte met die klant.

 

Joey was so 'n mens wat altyd gedeel het en gegee het uit haar hart uit. 

Pieter en sy span van 4 mense kook deedae alle skeppings en produkte uit die perseel van
Flower station by Hoofstraat 38, Wellington

Geniet dit en deel julle smaak-en-proe ervaring met ons! 

Joeys Rak.jpg
Markie%20tafel_edited.jpg
Preserve Jams besigheids kaartjie.jfif

Produkte

Contact Us
  • Facebook

Thanks for submitting!

Made by

DCBCARD.jpg
bottom of page